Pinkster 2011

Afdruk
PDF

Pinkster 2011 op Grootbrakrivier

Van 5 tot 12 Junie 2011 het dr. Hancke die Pinksterreeks by NG Gemeente Grootbrakrivier gelei. Elke oggend is die vorige aand se boodskap by Groenkloof, ʼn pragtige aftree-oord herhaal. Hierdie NG Gemeente het natuurlik ook vir die Hancke’s as gesin besondere betekenis, want dis hulle vakansie-gemeente; waarskynlik iewers in die toekoms hul permanente gemeente; en die dominee inspireer al die Hancke’s altyd met sy Skrifgetroue Woordverkondiging.

 

 Die oorhoofse tema vir die Pinkster was 'Die Koninkryk kom!', wat dan weer in 9 subtemas verdeel is. Die Here was deur sy Woord en Gees op ‘n besondere manier met die gemeente besig vir die paar dae. Miskien getuig een of twee van die reaksies daarvan:

  • Die Pinkster van 2011 sal altyd deel van my lewe vir Jesus wees. Baie dankie!!
  • Nogmaals dankie vir ʼn wonderlike geloofsbelewenis verlede week.”
  • Baie dankie vir hierdie Pinksterreeks by Grootbrak; dit is vir my van onskatbare waarde, want ek is nogmaals gekonfronteer met "wat weeg nou eintlik vir jou die swaarste?" en dit was 'n skokkende ontdekking, maar, GENADE OP GENADE, ek het nog 'n kans gekry!

 Die daaropvolgende Maandagaand het die dominee en belangstellende lidmate saam met dr. Hancke byeen gekom vir ʼn informele gesprek oor "Wat nou na Pinkster?" Bid asseblief vir die voortgesette proses.

Add comment


Security code
Refresh

In an effort to prevent automatic filling, you should perform a task displayed below.