|
01 Julie 2011
Materiaal van diePLAN in die kol!
TC skryf: "Op 25 Julie 2011 het ek regtig die mees positiewe ervaring gehad tydens ‘n ontmoeting met die broers van die Evangeliese Lutherse Kerk van Suider-Afrika se “Men's League” op Tsabong in Botswana. Daar was ongeveer 24 lede, vanuit die suidelike gemeentes in Botswana, teenwoordig. Die Biskop van Botswana en drie ander Lutherse predikante (waarvan een 'n Duitse teoloog, dr Keding, wat teologie in Kwa-Zulu (RSA), sowel as in Duitsland gedoseer het en tans die Lobatsi gemeente bedien) was deel van die geleentheid. Ek was uitgenooi om 'n Bybelstudie aan te bied oor die onderwerp: "Let God be God" en het besluit om Sessie 1 (Sola Scriptura) van diePLAN se materiaal vir hulle aan te bied. Die reaksie tydens die geleentheid vir vrae, sowel as die gesprekke tydens middagete, was aangrypend!!
Ek het vooraf gebid dat die Here hierdie broers op een of ander manier sal aanraak, en Hy het! Dit was so goed om agterna te hoor dat die res van die vergadering se besprekings, asook dr Keding se preek Sondagoggend, "vasgehaak" het by Saterdag se gesprek "It’s all about God!" Dit is mos waaroor dit veronderstel is om in die kerk te gaan. Ek is opnuut oortuig dat die materiaal van diePLAN in die kol is, as instrument, om die oë van kerkleiers en lidmate weer oop te maak vir die Bybelse waarhede oor Christus se kerk!"



























