|
28 September 2011
diePLAN en NGK Langenhovenpark retraite
Dr. Frans Hancke het gedurende die naweek van 5 Augustus 2011 'n retraite vir die NG Gemeente Langenhovenpark gefasiliteer. Die retraite het by die welbekende Menuha retraite-sentrum naby Bloemfontein plaasgevind. Die materiaal van diePLAN is as grondslag vir die retraite gebruik. Hieronder volg die kommentaar van sommiges wat die geleentheid meegemaak het. Dit is 'n aanduiding is van die wyse waarop die materiaal van diePLAN die lewens van gelowiges impakteer.
G Stander - Dit het vir my ʼn groot geheelbeeld van God se Plan met die gemeente waar ek is en waar ek inpas gegee. Aan die einde van die naweek het ek op ʼn baie persoonlike vlak my eie verantwoordelikheid en roeping besef waar ek is.
Marita - Dit was ʼn verskuiwing van denke oor kerkwees!
Hannetjie Meyer - Ek het hierheen gekom met ʼn groot vraag in my hart: wat is die wil van die Here vir my? Sy antwoord was duidelik: Ek moet voltyds gehoor gee aan die uitvoering van die Groot Opdrag!
Naamloos - God is my hoof. Hy roep my ook tot die herstel van die wêreld. God gee alles in oorvloed. Sy genade en liefde is groot.
Corlia - Dit was lekker om in die natuur so naby God te beleef en te hoor/leer die God met ons ʼn Plan het en reeds daarmee in ons lewe besig is. Ons moet dit net uitleef.
Naamloos - Om te fokus op God en sy koninkryk het my diep, baie diep geraak!
Naamloos - Ek het ʼn ‘wow’ oomblik ervaar toe die stukke van die legkaart van God se Plan vir my inmekaar gepas het. Dit is ʼn ongelooflike ervaring.
Esther - Baie geleer en ook moed gekry om aan te gaan.
Francois Marais - Ek het weer perspektief gekry oor die wyse waarop ek my persoonlike verhouding met die Here moet versterk sodat ek deel van sy Plan kan word en nie Hy deel van my plan nie! Ek moet ook meedoen aan die herstelproses in ons gemeente tot die uitbou van sy koninkryk.
Hannes Labuschagne - Wonderlik nou, maar op ʼn stadium het ek baie benoud begin voel en ook skuldig. Baie dankie vir ʼn besondere manier van bewusmaking van ou waarhede wat by my verroes was.
Frans Mostert - ʼn Beter visie verkry van rol van die kerk, van elke lidmaat afsonderlik en gesamentlik daarin. Dat die Plan deur God verwesenlik sal word.
Danie - Weer besef God het ʼn Plan – sy Plan. Dit gaan oor God en nie oor my nie
Marietjie - Dit gee my soveel moed om mense soos Frans te kon ontmoet. Die naweek het weer vir my moed en rigting gegee. God weet wat ons nodig het om weer met opwinding vir Hom te kan leef.
Naamloos - Wonderlike belewenis om te besef hoe fantasties simplisties tog terselfdertyd komplekse Plan God het en hoe die uitwerking van hierdie Plan genade is.
Kosie Pienaar - Wonderlike belewenis gewees om God se plan weer te besef asook my deel daarin.
Priscilla Mostert - Ek het ʼn belewenis gehad van God se liefde. Die sessie oor diePlan was insiggewend. Ek het weer gesien waar ek in God se Plan inpas persoonlik en in die gemeente.



























