Boublokke
|
28 Mei 2010
- Sy verhouding en kommunikasie met jou is vir God belangrik
- God het ʼn spesifieke plan en doel en Hy bring dit tot uitvoer
- My motief om God te dien berus daarop dat Hy GOD is
- Gelowiges (die Kerk) is God se mense
- Christus as Hoof van sy Kerk is meer as net ʼn belydenis
- God het 'n besondere plan met jou lewe
- Die Plan staan op 2 pilare: Jesus se versoening en die bekendmaking daarvan
- Sending begin by God en is God se werk – ook deur sy Kerk
- God is 'n missionêre God
- God gebruik (sy) mense om sy seën na die nasies uit te dra – ook vandag
- Sonder die Heilige Gees is geen transformasie moontlik nie
- Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens
- God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het, tot voordeel van sy Koninkryk
- Die Heilige Gees gee die krag om te getuig en sorg vir die resultate
- Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het om ʼn verskil te maak
- Gebed is om met God te praat … en Hom toe te laat om met jou te praat
- Deur gebed laat God ons toe om ʼn intieme liefdes-verhouding met Hom te hê
- God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
- God gebruik biddende mense om sy wil in die wêreld deur te voer
- Gebed vorm een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
- Die Lewende God is 'n kommunikerende Wese
- Die Heilige Gees maak ons sensitief vir God se kommunikasie
- Verskilmakers is ontvanklik vir die verskillende maniere waarop die Here met hulle praat
- Om die Here voortdurend nuut en vars te hoor is nie eenvoudig nie
- Verskilmakers staan in 'n lewende verhouding met God en hoor sy stem
- Visie is God se plan in woorde
- God het 'n spesifieke en unieke plan vir elke gelowige en gemeente
- God se plan deur ons, is nie 'n geheime plan nie!
- As die gemeente nie haar bestaansdoel verstaan en uitleef nie, verloën sy haar aard en karakter
- Die missionele karakter van die gemeente deurdrenk haar hele wese
- God se Koninkryk is omvattend en moet ons hele bestaan insluit
- God is die groot Koning van hierdie dinamiese en radikale Koninkryk
- Kinders van God is Koningskinders wat Hom met vreugde en oorgawe dien
- God bou sy Koninkryk deur numeriese groei en wek by ons ʼn hunkering daarna
- Ware groei is die resultaat van die Missio Dei (God se sending in sy wêreld)
- Die geheim van 'n verskilmakende gemeente, is leierskap
- Geestelike leiers hoor, doen, dien en bemagtig
- Dit word nie toevallig die evangelie van die liefde genoem nie
- Ons kan nie die boodskap van versoening verkondig terwyl ons niks doen aan gebroke verhoudings nie
- God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
- Deur Godgegewe strategieë word 'n Godgegewe visie waar
- Verskilmakers leef wat hulle bely
- Dissipelskap is meer as woorde – dis ʼn leefstyl!
- Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook!
- Jy is 'n verskilmaker in God se wêreld!
Comments (1)




























