Boublokke

Afdruk
PDF
  1. Sy verhouding en kommunikasie met jou is vir God belangrik
  2. God het ʼn spesifieke plan en doel en Hy bring dit tot uitvoer
  3. My motief om God te dien berus daarop dat Hy GOD is
  4. Gelowiges (die Kerk) is God se mense
  5. Christus as Hoof van sy Kerk is meer as net ʼn belydenis
  6. God het 'n besondere plan met jou lewe
  7. Die Plan staan op 2 pilare: Jesus se versoening en die bekendmaking daarvan
  8. Sending begin by God en is God se werk – ook deur sy Kerk
  9. God is 'n missionêre God
  10. God gebruik (sy) mense om sy seën na die nasies uit te dra – ook vandag
  11. Sonder die Heilige Gees is geen transformasie moontlik nie
  12. Die andersheid van gelowiges word gesien in heilige lewens
  13. God gebruik die verskeidenheid wat Hy geskape het, tot voordeel van sy Koninkryk
  14. Die Heilige Gees gee die krag om te getuig en sorg vir die resultate
  15. Die Heilige Gees gee die gawes wat ons nodig het om ʼn verskil te maak
  16. Gebed is om met God te praat … en Hom toe te laat om met jou te praat
  17. Deur gebed laat God ons toe om ʼn intieme liefdes-verhouding met Hom te hê
  18. God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
  19. God gebruik biddende mense om sy wil in die wêreld deur te voer
  20. Gebed vorm een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
  21. Die Lewende God is 'n kommunikerende Wese
  22. Die Heilige Gees maak ons sensitief vir God se kommunikasie
  23. Verskilmakers is ontvanklik vir die verskillende maniere waarop die Here met hulle praat
  24. Om die Here voortdurend nuut en vars te hoor is nie eenvoudig nie
  25. Verskilmakers staan in 'n lewende verhouding met God en hoor sy stem
  26. Visie is God se plan in woorde
  27. God het 'n spesifieke en unieke plan vir elke gelowige en gemeente
  28. God se plan deur ons, is nie 'n geheime plan nie!
  29. As die gemeente nie haar bestaansdoel verstaan en uitleef nie, verloën sy haar aard en karakter
  30. Die missionele karakter van die gemeente deurdrenk haar hele wese
  31. God se Koninkryk is omvattend en moet ons hele bestaan insluit
  32. God is die groot Koning van hierdie dinamiese en radikale Koninkryk
  33. Kinders van God is Koningskinders wat Hom met vreugde en oorgawe dien
  34. God bou sy Koninkryk deur numeriese groei en wek by ons ʼn hunkering daarna
  35. Ware groei is die resultaat van die Missio Dei (God se sending in sy wêreld)
  36. Die geheim van 'n verskilmakende gemeente, is leierskap
  37. Geestelike leiers hoor, doen, dien en bemagtig
  38. Dit word nie toevallig die evangelie van die liefde genoem nie
  39. Ons kan nie die boodskap van versoening verkondig terwyl ons niks doen aan gebroke verhoudings nie
  40. God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
  41. Deur Godgegewe strategieë word 'n Godgegewe visie waar
  42. Verskilmakers leef wat hulle bely
  43. Dissipelskap is meer as woorde – dis ʼn leefstyl!
  44. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook!
  45. Jy is 'n verskilmaker in God se wêreld!

Comments  

 
0 #1 Geo de Kock 2010-08-11 12:46
Dinamies en tydig. DiePlan maak 'n deur oop tot 'n nuwe moontlikheid om gemeentes tot sinvolle verskilmakende bestaan te begelei. Dit is duidelik eg-Suid-Afrikaans en vloei voort uit 'n teologie stewig in die Woord gevestig maar met 'n baadjie wat getuig van moderne kommunikasie- en bestuurslogika en -beginsels, eie aan Frans se vorming in die korporatiewe wêreld, Christelike Teologie en sendingpraktyk! Dit kan 'n belangrike gesprek in elke gemeente aan die gang sit. Ons kan dit met vrymoedigheid benut en ook bid vir verdere navorsing en ontwikkeling ten einde deelnemende gemeentes stap-vir-stap tot 'n lewe van vrugbare getuienis te lei.
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh

In an effort to prevent automatic filling, you should perform a task displayed below.