Die kerk in beweging...

Afdruk
PDF

Die kerk in beweging…

Waarom maak sommige gemeentes ʼn groter verskil as ander? Hierdie vraag het aanleiding gegee tot navorsing wat uitgeloop het op wat vandag as diePLAN bekendstaan. ʼn Organisasie wat die kerk in verskeie lande ondersteun om te herontdek wat God se Plan met en deur hulle is.

Om dit effektief te kan doen werk ʼn groeiende groep Teoloë, navorsers en ander gelowiges saam en word daar deurlopend met vennote en netwerke plaaslik en internasionaal geskakel om gemeentes effektiewer te kan ondersteun. Een van ons primêre vennote is Shepherd, die instansie van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit Vrystaat, wat die voortgesette bedieningsonderrig van predikante koördineer

By diePLAN glo ons dat geen volhoubare impak moontlik is wanneer gemeentes slegs aangemoedig word om by meer projekte betrokke te raak nie. Skuldgevoelens en emosionele opwekking is, na ons mening, ook nie die manier waarop die gemeente se betrokkenheid na buite blywend en volhoubaar verhoog nie. Met die Skrif as onverhandelbare vertrekpunt glo ons dat nuwe entoesiasme en dinamika ontwikkel wanneer ons herontdek wie en wat die kerk waarlik is. Daarom is ons voortdurend besig om medegelowiges uit te daag om te besin oor ons Godsbegrip, kerkbegrip en wêreldbegrip. Terselfdertyd herbesin ons voortdurend oor die Skrifbegronding en effek van historiese perspektiewe oor die kerk in die wêreld.

diePLAN gebruik verskeie strategieë en hulpmiddels om gemeentes te ondersteun om hul unieke rol en plek in God se Plan te herontdek. Voortgesette navorsing, werkwinkels, retraites en ʼn groeiende aantal publikasies en artikels dra hiertoe by. Die materiaal word steeds in meer tale vertaal en in ʼn groeiende aantal lande bekendgestel. Op hierdie wyse probeer ons meewerk om God se mense te inspireer om met bruisende entoesiasme as verskilmakers te lewe.

Gemeentes, asook jy persoonlik, kan deel word van hierdie ‘reis’ waartydens ons opnuut ontdek wat dit beteken wanneer Jesus sê: ‘Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook…”

--ooOoo--

Visie

Afdruk
PDF
diePLAN is 'n nie-winsnemende organisasie wat die universele kerk ondersteun om sy missionale karakter te ontdek deur as transformasie agent in die wêreld op te tree tot eer van God.

Ons visie: Om 'n groeiende getal missionale kerke oor die wêreld te ondersteun om hulle unieke rol in God se universele plan te ontdek en uit te voer.

Ons doen dit deur: navorsing en ontwikkeling, konsultasie, opleiding en toerusting.

Strategy

Afdruk
PDF
  • To make a relevant and substantial contribution towards enlarging the missional impact of God’s people in the world
  • To help develop a Biblical, holistic, relevant and contextual missional ecclesiology for church leaders and eventually for all believers
  • To expose unbiblical, harmful and detrimental missional paradigms and to contribute towards changing them
  • To establish well-founded research and development to make diagnostic and remedial support and processes available through which local churches can monitor and accelerate their unique missional involvement
  • To work with the global body of Christ towards creating new enthusiasm, vibrancy, energy and focus in order for God’s people to truly live as His change agents in His creation

Medewerkers

Afdruk
PDF
Medewerkers
Frans Hancke
Ensie Enslin
Cecilia Geyser
Hendrik Saayman
Jonas Khauoe
TC du Toit
Raad van Direkteure
Wimpie Barnard
Ensie Enslin
Johann Botes
Frans Hancke
Wagener Hancke
Alwyn Louw
Trustees: Helena Drotskie Trust
Wimpie Barnard
Helena Drotskie
Frans Hancke
E van W Pienaar
Adviseurs
Kobus Kellerman
Riaan van der Mescht

Bestuur

Afdruk
PDF
diePLAN is 'n vereniging ingelyf kragtens artikel 21 - Reg Nr: 2007/019233/08 en word bestuur met ‘n oorhoofse lae koste infrastruktuur:

'n Virtuele kantoorkonsep gebruik word om die minimum uitgawes te verseker en investering in vaste bates te beperk.

Finansies:

Projekte en operasionele uitgawes word hoofsaaklik gefinansier deur skenkings van plaaslike kerke en individue. Die verkope van boeke en publikasies lewer ook 'n bydrae tot die finansiering van uitgawes. Voltydse medewerkers ontvang nie 'n salaris van diePLAN nie en is verantwoordelik om hul eie ondersteuningsbasis te verwerf.

Helena Drotskie Trust:

Hierdie trust word gebruik om die skepping, vertaling, druk en verspreiding van diePLAN se visuele en / of audio materiaal in digitale of gedrukte formaat te finansier. Hierdie materiaal is hoofsaaklik bedoel vir gebruik in Russiessprekende lande en Oos-Europa. In 2010 is daar egter ook materiaal vir gebruik in Indië met die hulp van hierdie trust gedruk. Trustees: Wimpie Barnard, Helena Drotskie, Frans Hancke en E van W Pienaar.