Boeke

Evangelisasie deur Kleure

Afdruk
PDF

Evangelisasie deur Kleure

Evangelisasie deur kleureHierdie boekie kom na meer as twintig jaar se betrokkenheid by Evangelisasie. Daar is soortgelyke opleidingsmateriaal wat ook van kleure gebruik maak. Sommige gebruik vier kleure (bv swart, rooi, wit, groen); ander gebruik vyf kleure (bv geel, swart, rooi, wit, groen).

Ons is die plan - boek

Afdruk
PDF

Ons is die PLAN

R75 + posgeld

Pakkette

  • OidP Handboek + 9 Weke Bybelstudieboek     R150 + posgeld

Hierdie boek identifiseer tien eienskappe wat die missionele gemeente onderskei van ander wat 'n sleur- en oorlewingsbestaan voer. Dit is ʼn boek vanuit die kerk vir die kerk, sober en in verstaanbare taal vir alle lidmate, maar veral gemik op dié in leiersposisies. Die Bybelse siening van die roeping en taak van die Kerk, weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring, verras suiwer en Woordgetrou in hierdie boek. Die leser word skaamteloos en appelerend vanuit die Woord gekonfronteer met die wil van God vir sy kerk.

Hierdie omvattende gids, wat die gemeenskaplike  suksesfaktore   wat  die kerk in sy taak om wêreld te bereik nodig het, uiteensit,  berus op 'n MA-verhandeling van hoogstaande gehalte. Ek is oortuig dat die kerk met groot vrug van die praktiese insigte van die studie gebruik sal kan maak.  Hierdie boek sal onteenseglik tot die positiewe betrokkenheid van die kerk in die wêreld lei – Prof Pieter Verster

Frans Hancke het 'n passie om gemeentes te help om 'n verskil in die wêreld te maak. Maar hy begin op die regte plek: nie by die oproep tot die gemeente om iets te doen nie, maar hy help die gemeente om reg oor hulleself te dink. Hy begin by die identiteit van die gemeente. Maar meer nog: hy begin by God. Dit gaan oor God se plan met die gemeente – Prof Dons Kritzinger

INHOUD

Deel 1 – God

1          Wie is God?

2          Sy karaktereienskappe (attribute)

3          Nie 'n planlose, reaktiewe God nie

4          Dit gaan oor God

Deel 2 – Ons

5          Wie is ons?

6          Die kerk

Deel 3 – Die Plan

7          Waar is die Plan?

8          Wat is die Plan?

9          Missio Dei

10       Die Plan in aksie

11       Die Ou Testament

12       Die Nuwe Testament

13       Die Plan vervul

Deel 4 – Om 'n verskil te maak

14       Die verskil

15       'n Geïgnoreerde Plan

16       Moet verskil om 'n verskil te kan maak

Deel 5 – Die gemeente met 'n verskil

17       Sola Scriptura

18       Spiritualiteit

19       Visie

20       Missionele karakter

21       Koninkryksperspektief

22       Groei

23       Leierskap

24       Verhoudings

25       Strategiese en operasionele bestuur

26       Praktiese uitkomste

Deel 6 – Wat nou?

27       Kan dit gemeet word?

Ons is die Plan – Nege weke van transformasie

Afdruk
PDF
Ons is die Plan – Nege weke van transformasie
1 tot 9 eksemplare   : R120 + posgeld

10 tot 24 eksemplare : R100 + posgeld

25 tot 49 eksemplare : R90 + posgel

50 of meer eksemplare: R80 + posgeld

Pakkette

OidP Handboek + 9 Weke Bybelstudieboek          R150 + posgeld

Hierdie is die tweede opgedateerde druk. Die nuwe uitgawe is meer gebruikersvriendelik en spog met ʼn kraaknuwe, moderne ontwerp.

ʼn CD is by die bundel ingesluit. Snitte op hierdie CD word gebruik om sommige van die studies verder toe te lig of om jou te help wanneer jy die dag se onderwerp bedink en daaroor bid.

‘n Bybelstudie met ʼn verskil!

Die terugvoer van individue en kleingroepe getuig daarvan dat hierdie materiaal vir baie persone  ʼn lewensveranderende ervaring was. Die gids bevat nie dagstukkies nie. Dit is ook nie saamgestel uit ʼn paar gedagtes wat jy vlugtig voor werk kan deurlees nie. Nege-weke-van-Transformasie het ten doel wat die bundel se titel impliseer - dat hierdie ʼn verrykende belewenis sal wees.

In die gids word gebruik gemaak van verskeie innoverende maniere om elke dag se studie ʼn besondere ervaring te maak. Die ontwerp help jou om gemaklik en gestruktureerd deur die materiaal te werk terwyl grafiese aanduidings jou deur elke dag se studie begelei. Daar is genoeg plek vir skryf, wat beteken dat alles in een enkele bundel bymekaar gehou word. Daaglikse opsommings sowel as die gebruik van boublokke en sketse help om die kernwaarhede maklik te onthou.

Nege-weke-van-Transformasie probeer iets openbaar van God se besondere liefde vir en bemoeienis met sy mense. Daarom glo ons hierdie Bybelstudiegids lei tot ʼn groter verwondering oor God, tot ʼn dieper verstaan van Sy plan met Sy skepping en groter insig oor die besondere wyse waarop Hy sy kerk in die uitvoering van Sy plan wil gebruik. Hierdie 9 weke behoort jou te help om beter te verstaan waar jy (persoonlik) en julle (korporatief) binne God se plan inpas.

Alhoewel die studies gerig is op persoonlike Bybelstudie, word daar ook voorsiening gemaak vir ʼn weeklikse groepgesprek. Persone wat deel vorm van ʼn kleingroep werk individueel deur die studies en kom dan weekliks bymekaar rondom die tema van die week. ʼn Weeklikse studie wat vir die groep bedoel is word dan saam deurgewerk. Prikkelende en stimulerende vrae en stellings verseker dat die onderwerp vir die week deeglik bespreek word.

Onverantwoordelik

Afdruk
PDF
Onverantwoordelik
Uittreksels uit briewe van 'n sendeling.
R70 + posgeld
Sou jy dink iemand is onverantwoordelik om sy werk te bedank en voltyds by sending betrokke te raak? En sê nou dié persoon is reeds in sy middeljare, wat dan? Kan dit wees dat die Here iemand op só 'n manier roep?

Wel, dis die storie van Onverantwoordelik – 'n storie wat jou soms laat lag, soms laat huil en deurlopend laat dink oor wie God is. Die boekie vertel van 'n sendeling se nadenke oor die sin van die lewe, die sin van swaarkry, van lyding, terwyl dit eenvoudige en oppervlakkige pogings om God te verstaan, ontmasker.

Kyk wat skryf mense oor die boekie:
  • Dankie vir jou inspirerende "onverantwoordelikheid" en gehoorsaamheid wat vir my persoonlik oneindig baie beteken!
  • Ek het die hele Saterdagmiddag onder ? kombers gelê en Onverantwoordelik gelees – en gehuil. Verbeel jou dat ek ? Saterdagmiddag op so ? manier deurbring.
  • Ek kon gisteraand nie aan die slaap raak nie. My man het die “rooi boekie” gelê en lees. Elke keer as ek aan die slaap wou raak dan maak hy my wakker en sê: “Luister gou hier.” En so het dit die hele aand gegaan!
  • Ons Omgeegroep het Donderdagaand die “rooi boekie” tydens ons byeenkoms gebruik. Dit was aangrypend en ongelooflik. Ons moet seker maak dat hierdie boekie deur die breër christen-gemeenskap gelees word.
  • Ek geniet jou kleurvolle taalgebruik en verlustig my behoorlik in die Here as Hy so wonderlik ingryp en van 'n dreigende katastrofe, 'n oorwinning in Sy Naam bewerkstellig.

Ek is deel van Sy Plan - Gebedsjoernaal - 2

Afdruk
PDF

Ek is deel van Sy Plan - 2

R40 elk + posgeld

‘n Ideale geskenk!

  • “Bid asseblief vir my.”
  • “Ek belowe ek sal.”

Het dit al met jou gebeur? Ken jy die woorde?

Ek dink vir baie van ons klink dit bekend. Wat meer is, baie van ons sal teleurgesteld bely dat ons gereeld hierdie beloftes om te bid vergeet. Hierdie gebedsjoernaal kan help om gefokus te bid vir mense en sake wat vir jou en vir God belangrik is. Die kleurvolle joernaal is alfabeties saamgestel sodat jy die gebedsonderwerp of naam van die persoon by die toepaslike bladsy kan inskryf.

Dit is maklik om te vergeet dat God op sy eie besondere manier ons gebede beantwoord. Vergeet jy ook maklik daarvan? Die gebedsjoernaal kan help dat jy bewus sal bly van God se betrokkenheid met en deur jou lewe. Wanneer jy bewus raak van hoe God met jou gebedsversoek werk, skryf dit in jou gebedsjoernaal. Daardeur ontwikkel ? besondere rekord van God se werk in en deur jou lewe. Dit beklemtoon Sy getrouheid, Sy sorg, Sy omgee, Sy bemoeienis met Sy mense se daaglikse lewens. En as jy later deur jou gebedsjoernaal blaai, sal jy baie stof tot lof en getuienis raaklees. Jou gebedsjoernaal sal daartoe bydra dat jy meer gefokus en getrou bid, dat jou kommunikasie met God ? nuwe opwindende dimensie aanneem en dat Hy eer ontvang.

Die gebedsjoernaal is klein en kan maklik in jou hempsak of handsak pas – gereed om in enige omstandigheid gebruik te word. Skryf jou naam in die blokkie op die voorblad en raak bewus daarvan dat God ook jou gebede gebruik in die uitvoering van Sy Plan!